DIE TEATER KONSEP

Die doel van Die Patriot Restaurant Teater is om weer die ‘aandete-teater’ te laat herleef soos in die goeie ou dae.  Dit is n familie georiënteerde konsep en ons nooi veral gesinne uit om aandete te kom geniet terwyl hulle na n opvoering van hul gunsteling kunstenaar kyk.

Vertonings wissel van ‘live bands’ tot eenman drama opvoerings.  Komediante kielie die lagspiere af en toe en selfs motivering sprekers kan hulle verskyning maak .

Ons huisves slegs die creme de la creme van kunstenaars in ons land en dus is dit noodsaaklik om vooraf u tafel en kaartjies te bespreek.

Die klassieke fluweel gordyn op die verhoog en besondere beligting dra by tot die teater atmosfeer en ervaring.

Dit is veral nodig om genoegsame ondersteuning van die kunstenaars te kry om so n konsep te laat werk.  Daarom is dit van kardinale belang om die ervaring vir die kunstenaars wat by Die Patriot optree ook spesiaal te maak.  n Kombinasie van n goeie klanksisteem en beligting tesame met n goed ingerigte ‘back stage’ area waar kunstenaars kan onstpan en aandete eet dra by tot daardie ervaring.

Gaste moet in gedagte hou dat die nodige teater etiket te alle tye toegepas moet word uit respek teenoor die kunstenaar en mede teater gangers.

Die tafelplan word elke aand nuut beplan volgens die behoefte van die gaste.  Indien n gesin van 4 saam by hulle eie tafel wil sit dan word dit so uitgesit.  Die ongemaklike situasie word dus geilimineer deurdat jy dalk saam met wildvreemde mense aan een tafel beland!

Vertonings wissel van ‘live bands’ tot eenman drama opvoerings.  Komediante kielie die lagspiere af en toe en selfs motivering sprekers kan hulle verskyning maak . Ons probeer graag almal akkommodeer.

HOE DIT WERK

Soos reeds genoem, word aanlyn of telefoniese besprekings gemaak.  Ons deure open om 18:00 en bestellings word dan onmiddelik vir hoofgereg geneem.  Die doel is dat almal klaar geëet sal wees voordat die vertoning om 20:30 begin.

Daarvoor is dit nodig dat gaste op die laatste 19:00 reeds by ons sal wees sodat alle bestellings voor 19:30 geplaas kan word om sodoende die kombuis tyd te gee om die kos voorteberei.

Daar sal wel nog pizza’s beskikbaar wees vir die agterosse!

Dit word wel van die gaste verwag om te eet en nie net die vertoning by te woon nie.  Aangesien die voorafbetaalde kaartjiegelde aan die kunstenaars betaal word is ons enigste bron van inkomste uit die restaurant.  Om voort te gaan om slegs die top kunstenaars by ons te laat optree, is dit noodsaaklik dat die restaurant ondersteun word.