DIE ENGIN

Ruan Theron, die eienaar en stigter van Die Patriot, was nog sy hele lewe lank betrokke in die musiek industrie. As leerling van die Hoërskool Paarl Gimnasium, was hy die kitaarspeler in die interskole orkes en het na skool die mooie Kaap vir Pretoria verruil. Daar het by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy vir 7 jaar lank as instrukteur gewerk het. Deurentyd het hy nogsteeds musiek gemaak en veral te doen gehad met die plaaslike talent, in die Pretoria omgewing, by wie hy baie geleer het.

Dit was egter in 2005 toe hy gevra was om n optrede saam met, daardie tyd nog onbekend en bloed jonk, Bobby van Jaarsveld, te doen. Sedertdien was daar geen terugkyk nie en is hy tans nogsteeds deel van die Bobby faam.

Met n groot liefde en passie vir kosmaak, slaan hy ook die kitaar in die kombuis by sy eie huis en is sy TV permanent ingestel op kookprogramme.

“Dit is veral Gordon Ramsey se professionele en effense militaristiese benadering tot die spyseniering industrie waarby ek aanklank vind. Ek sal wel net nie so op my personeel vloek nie, “skerts hy.”

Deur die jare se opvoerings en kuiers by verskillende venues het hy genoeg kontakte bymekaar gemaak en selfvertroue opgebou om uiteindelik die groot stap te kon neem om sy eie teater/restaurant op die been te kry.

Tesame met chef Thabang, bestuurderes Lucy en Tiaan, wat al die tegnici behartig, stook hulle die engin van hierdie besigheid met n gemeenskaplike doelwit en dit is om die kunste en ‘fine dining’ ervaring in die ooste van Pretoria na die volgende vlak te neem.