Patriot Theatre 1
Patriot Theatre 2
die patriot
die patriot

WELKOM BY DIE PATRIOT TEATER EN RESTAURANT

As jy die kosliefhebber is wat jouself meer as gereeld moet herinner om nie die hol kol op jou maag toe te maak met n pakkie ‘tandebreker’ biltong stokkies op pad na die volgende optrede toe nie, dan moet jy STOP!

Besoek nou Die Patriot Teater Restaurant en ervaar die intimiteit van jou geliefkooste kunstenaar terwyl u smul aan een van ons baie bekostigbare disse te kies vanaf ons A la carte menu.

Die Patriot Teater Restaurant is gebasseer op dieselfde konsep wat sy sukses oor die afgelope 10 jaar by die Die Boer teater in Durbanville gewys het. Ek is bevoorreg genoeg om die eienaars Jurgen Human en Margit Meyer Rödenbeck, ook meer bekend as Dowwe Dolla, vir n geruime tydperk te ken. Na vele optredes by hulle teater, en met hulle toestemming natuurlik, poog ons om die konsep in die hartjie van Pretoria te kan voort sit. Die musiek industrie en uitvoerende kunste in geheel lê ons na aan die hart en daarom wil ons n platform skep vir alle tipe kunstenaars om by op te tree.

VAN WAAR DIE NAAM PATRIOT

Een van my musikant vriende, Adriaan Joubert , het een gesellige aand om die braaivleis vuur met die naam vorendag gekom. Ek was nog altyd op soek na n naam wat ons Suid-Afrikaners die beste beskryf. Ten spyte van ons uiteenlopende kultuur en tradisies bly ons tog patrioties oor ons sport en rekreasie. Ons wil graag iets offer om dit te staaf sodat ons gaste twee keer sal dink voordat hulle ons land se goeie kos, wyn en kuns vir die van die buiteland wil verruil.

VERTONINGS

  • CONVERSATIONS led by Cornel Swart | 26 Oct 2017

    R30.00

    After a very successful first CONVERSATIONS meeting we are excited to bring back a second!

    We are compelled to start CONVERSATIONS.  A place where people can ask questions about God and get some answers.

    No, we don’t have all the answers but we do have some.

    We’ll tackle the topic PURPOSE as part of your timeless adventure.

    See you there!

    Add to basket
  • CHRIS CHAMELEON | 18 NOV 2017

    R140.00

    Chris Chameleon – Jy en Ek en Ek en Jy

     

    AFRIKAANS:

     

    Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte ‘Jy en Ek en Ek en Jy’ kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas.

    Die album is musikaal en liries sy mees avontuurlustige  ooit, en in 2017 toer hy met hierdie nuwe album na alle uithoeke van Suid-Afrika.

    Die klem val op hierdie nuwe baanbrekerswerk, waarin Chris opnuut weer die grense van klank, woord en sang in Afrikaans uitdaag en verskuif.

    Maar gehore kan natuurlik ook uitsien na ’n keurspel van die treffers wat van Chris deur die jare ’n huishoudelike naam gemaak het.

    Indien jy self so ’n Chris Chameleon lied het wat jy wil hoor, is daar goeie nuus vir jou: hy gee die gehoor altyd ’n geleentheid om hom te probeer vasvra met sy eie werk!

     

    ENGLISH:

     

    It’s been six years since Chris Chameleon last released a completely self penned Afrikaans album. With the release of the much anticipated ‘Jy en Ek en Ek en Jy’ followers of this icon of South African music can get their fix again.The album is both musically and lyrically his most adventurous to date and in 2017 he’ll be touring to all corners of South Africa with this collection of new work.

    For this tour the focus will be on this new, pioneering body of work, within which Chris redefines the sound, lyrics and songs of Afrikaans music.

    However, fans can also look forward to a selection of the hits that have made him a household name throughout the years.

    And if you have a Chris Chameleon song that you’d like to hear there’s always the good news that he invariably gives the audience the opportunity to request some of their personal favourites!

     

     

    Add to basket